Wat is bedieninge?

Jy maak die verskil! Niks hiervan is moontlik sonder dat die liggaam van Christus saamwerk nie. Hierdie is die spasie waarin ons jou gawes en vaardighede tydens ons dienste wil gebruik om die spasie voor te berei, sodat God mense se lewens kan verander. Ons hoop is dat jy as ‘n volgeling van Christus sal groei en verhoudings sal bou om die wêreld te gaan verander.

Wat is die doel van bedieninge?

Die doel is om kerk onweerstaanbaar vir mense te maak.

Waar kan ek betrokke raak?

Daar is ses departemente wat al ons bedieninge saamvat. Elke departement beskryf waar jy jou gawe en vaardighede kan gebruik:

Gastedienste

(Hier word dit van jou verwag om met ons gaste te werk.)

  • Inligtingspan (Gee inligting by ons inligtingspunte deur.)
  • Verwelkomingspan (Verwelkom mense.)
  • Gidsspan (Bedien mense deur offerhandes op te neem en met nagmaal te bedien.)
  • Offerhandespan (Tel die offerhandes.)
  • Gasvryheidspan (Bedien mense met gasvryheid)
Nooddienste

(Hier word dit van jou verwag om in ‘n spasie van nood in te staan.)

  • Sekuriteitspan (Skep ‘n spasie van veiligheid.)
  • Gebedspan (Bid vir mense, dienste en krisisse.)
  • Noodhulpspan (Om mense wat nood ervaar effektief te bedien.)

Produksiespan

(Hier word dit van jou verwag om musikale/tegniese vaardighede te gebruik.)

  • Kameraspan (Fotografie, videografie en kameraoperateur.)
  • Aanbiddingspan (Om mense met jou talente en gawes te bedien wanneer aanbidding ter sprake is.)
  • Programmeringspan (Tegniese vaardighede benodig om ons dienste te laat gebeur.)
Oophand (Welsynbediening)

Oophandbediening is die welsynafdeling van Kompas Gemeente. Hiermee spreek ons die behoeftes en fisiese dimensie van die gemeente en gemeenskap aan. Plekke waarby jy betrokke kan raak is:

  • Oophand winkel (Vrywilligers wat tydens winkelure in die winkel werk om mense in nood te bedien.)
  • Laerskool Vaalrivier (Hier word minderbevoorregte kinders met kos, skoolklere en skryfbehoeftes bedien.)
  • Kinderhuise (Hier is vrywilligers wat tyd saam met kinders spandeer, of behoeftes aanspreek wat ‘n kinderhuiskind mag ervaar.)

Belofteland (Kinderkerk 3 – 8 jaar)

Hier word kinders tussen die ouderdomme van 3-8 jaar bedien. Ons wil jou gebruik om die volgende generasie in die huis van die Here groot te maak!
Plekke waar jy betrokke kan raak:

  • Aanbieding (Hier is waar die kinders almal bymekaarkom en dit word van jou verwag om vir hulle die Woord te bedien wat deur die Belofteland-predikant voorsien word.)
  • Kleingroepleiers (Kinders kom na die groot groeples bymekaar en hier is vir jou die geleentheid om in ‘n kleiner groep interaktief die kinders te bedien.)
  • Produksiespan (Die belewenis van die diens word deur jou gawes moontlik gemaak. Hier word jy benodig om agter die skerms met tegniese vaardighede die kinders in ons wêreld te betrek.)
  • Aanbiddingspan (Hier kan jy jou vaardighede gebruik om kinders in aanbidding te lei deur dans, sang of instrumente.)
Die Weg (Kinderkerk 9 – 12 jaar)

Hier word kinders tussen die ouderdomme 9-12 jaar bedien. Ons wil jou gebruik om die volgende generasie in die huis van die Here groot te maak!
Plekke waar jy betrokke kan raak:

  • Aanbieding (Hier is waar die kinders almal bymekaarkom en dit word van jou verwag om vir hulle die Woord te bedien wat deur Die Weg-predikant voorsien word.)
  • Kleingroepleiers (Kinders kom na die groot groeples bymekaar en hier is vir jou die geleentheid om in ‘n kleiner groep interaktief die kinders te bedien.)
  • Produksiespan (Die belewenis van die diens word deur jou gawes moontlik gemaak. Hier word jy benodig om agter die skerms met tegniese vaardighede die kinders in ons wêreld te betrek.)
  • Aanbiddingspan (Hier kan jy jou vaardighede gebruik om kinders in aanbidding te lei deur dans, sang of instrumente.)

Ons wil graag van jou hoor!

Besonderhede

90 Abraham Straat, Vanderbijlpark

(016) 004 0016

navrae@kg.org.za