God is die Skepper en Heerser van die heelal
Daar is net een God. Hy is die Skepper van hemel, aarde en alle lewende wesens. Hy het Homself aan die mensdom geopenbaar as die Vader (Skepper), in die Seun (Verlosser) en as die Heilige Gees (inwonende Gees). Hy bestaan vir ewig as die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Die drie is gelyk en is een God.
Genesis 1:1, 26, 27 en 3:22; Psalm 90:2; Matteus 28:19; 2 Korintiërs 13:14; 1 Petrus 1:2.
Jesus is die Seun van God
Hy is gelyk aan die Vader en die Heilige Gees. Jesus het ‘n sondelose menselewe geleef en Homself as die volmaakte offer vir die sondes van alle mense aangebied, deur aan ‘n kruis te sterf. Hy het na drie dae uit die dood opgestaan om Sy mag oor sonde en dood te demonstreer. Hy het opgevaar na die hemel en sal eendag weer terugkeer aarde toe om as Koning te regeer.
Matteus 1:22, 23; Jesaja 9:6; Johannes 1:1-5; Hebreërs 4:14-15; 1 Korintiërs 15:3-4; Romeine 1:3-4; Handelinge 1:9-11; Kolossense 2:9-10; 1 Timoteus 6:14-15.
Die Heilige Gees woon, vanaf redding, in elke Christen
Die Heilige Gees is gelyk aan die Vader en die Seun van God. Hy is teenwoordig in die wêreld om mense bewus te maak van hulle behoefte aan Jesus Christus. Hy voorsien Christene van krag om te lewe, begrip van geestelike waarheid en leiding om te doen wat reg is. Hy gee aan elke gelowige geestelike gawes wanneer hulle gered word. As Christene poog ons om daagliks onder Sy beheer te leef.
Handelinge 1:8; Johannes 14:16-17 en16:7-13; Galasiërs 5:25; 1 Korintiërs 2:12 en 3:16; Efesiërs 1:13; 2 Korintiërs 13:14; 1 Petrus 1:2.
Die gawes van die Heilige Gees
Die Heilige Gees manifesteer deur ‘n verskeidenheid geestelike gawes om daardeur die kerk te bou en te heilig, die geldigheid van die opstanding te demonstreer en die krag van die Goeie Nuus te bevestig. Die Bybelse lyste van hierdie gawes is nie noodwendig volledig nie en die gawes kan in verskillende kombinasies voorkom. Alle gelowiges word beveel om die manifestasie van die gawes in hulle lewens ernstig te begeer. Hierdie gawes werk altyd in ooreenstemming met die Skrif en mag nooit in stryd met Bybelse parameters gebruik word nie.
Hebreërs 2:4; Romeine 1:11 en 12:4-8; Efesiërs 4:16; 1 Timoteus 4:14; 2 Timoteus 1:6-7; 1 Korintiërs 12, 13 en 14.
Die Bybel is God se Woord aan ons
Die Bybel is deur menslike skrywers geskryf, onder die bonatuurlike leiding van die Heilige Gees. Dit is die hoogste bron van waarheid vir Christelike oortuigings oor die lewe. Omdat dit deur God geïnspireer is, is dit waarheid sonder foute.
2 Timoteus 3:16; 2 Petrus 1:20-21; Psalm 119:105, 160 en12:6; Spreuke 30:5; Jesaja 55:11.
Die mens is die kroon van God se skepping
Die mens is na die geestelike beeld van God gemaak, om soos Hy in karakter te wees. Alhoewel elke mens ‘n geweldige potensiaal vir goed het, word ons almal geskend deur ‘n gesindheid van ongehoorsaamheid teenoor God wat “sonde” genoem word. Sonde skei ons van God en veroorsaak baie probleme in ons lewe.
Genesis 1:27; Jesaja 53:6 en 59:1-2; Romeine 3:23; Psalm 139:13-16; Kolossense 2:13-15.
Verlossing is God se gratis geskenk aan ons, maar ons moet dit aanvaar
Ons kan nooit opmaak vir ons sonde deur self te verbeter, of deur goeie werke nie. Slegs deur op Jesus Christus as God se aanbod van vergifnis te vertrou, kan enigiemand van sonde se straf gered word. Wanneer ons van ons selfbeheerde lewe afwyk en in geloof na Jesus draai, word ons gered. Die ewige lewe begin die oomblik wanneer iemand Jesus Christus deur geloof in sy lewe ontvang en so tot wedergeboorte kom.
Johannes 3:3-5; Romeine 6:23; Efesiërs 2:8-9; Johannes 14:6; Romeine 5:1, 5:8 en10:9-10.
Mense sal ewig met, of sonder God bestaan
Mense is geskep om vir ewig te bestaan. Ons sal óf vir ewig deur sonde geskei van God bestaan, óf vir ewig by God deur vergifnis en verlossing bestaan. Om vir ewig van God geskei te wees, is die hel. Om ewig in eenheid met Hom te wees, is die ewige lewe in die hemel. Hemel en hel is werklike plekke van ewige bestaan.
Johannes 3:16 en 14:17; Romeine 6:23; Openbaring 20:15; Filippense 2:5-11; Matteus 25:31-34 en 25:41.
Die doop is simbolies van die dood, begrafnis en opstanding van Christus
Sodra ons Jesus aangeneem het as ons Here en Verlosser, is die doop vir ons ‘n manier om ons nuwe lewe in Christus in die openbaar te verklaar. Dit is ook ‘n stap van gehoorsaamheid gebaseer op God se opdragte en stel ons in staat om die voorbeeld van Jesus te volg, wat Homself aan die doop onderwerp het om “alle geregtigheid te vervul”.
Matteus 3:16-17 en 28:18-20; Handelinge 2:41 en 8:12; Romeine 6:4; Kolossense 2:12.
Die Nagmaal
Die Nagmaal is ‘n simboliese herinnering aan Christus se liggaam wat gebreek is en Sy bloed wat vergiet is vir die vergifnis van sondes.
Matteus 26:26-29; 1 Korintiërs 10:16 en 11:23-25.
Die wederkoms
Jesus Christus sal fisies en sigbaar vir die tweede keer na die aarde terugkeer om Sy koninkryk te vestig. Dit sal plaasvind op ‘n datum wat nie deur die Skrif aangehaal is nie.
Matteus 24:30 en 26:63-64; Handelinge 1:9-11; 1 Tessalonisense 4:15-17; 2 Tessalonisense 1:7-8; Openbaring 1:7.
Buiten noodsaaklike oortuigings, het ons vryheid in nie-noodsaaklike oortuigings
Aanvaar die een wie se geloof swak is, sonder om ‘n oordeel oor betwisbare sake …
Wie is jy om iemand anders se dienaar te oordeel? Aan hulle eie meesterknegte staan of val … So dan sal elkeen van ons rekenskap van onsself aan God gee … Wat jy ook al oor hierdie dinge glo, hou dit tussen jouself en God.
Romeine 14:1, 4, 12, 22.
‘Ek het die reg om enigiets te doen,’ sê jy – maar nie alles is voordelig nie. ‘Ek het die reg om iets te doen’ – maar nie alles is opbouend nie. Niemand moet hul eie beswil soek nie, maar die goeie van ander.