”Stoelprojek”

Ons gee dinge waarvoor ons lief is op, vir dinge wat ons selfs liewer het. Dit is ‘n eer om vir Christus en Sy kerk op te offer (Lukas 19:1-9).

Ons gebruik die ”stoel” as ‘n metafoor om te wys hoe ver ons trek in die fondsinsameling vir die voltooiing van ons kerkgebou. Dit is nie om fisies ‘n stoel te koop nie, maar om te dien as ‘n simbool van elke persoon wat begin bydra tot ons bouprojek. Alle fondse wat vir die ”stoelprojek” geïn word, word vir die volgende doel gebruik: 45% vir die voltooiing van die gebou; 45% vir afbetalings van uitstaande skuld op die gebou en 10% vir hulp aan ander gemeentes wat deel is van die Outentiek Kerk Netwerk.

Ons gaan wel vir elke persoon wat onderneem en begin om ‘n bydrae te maak, ‘n stoel koop en ‘n nuwe stoel in die kerk pak. (Hierdie stoele gaan nie vir die eksklusiewe gebruik van persone wees wat gee vir die “stoelprojek” nie en nie die eiendom van die gewer wees nie). Wanneer ons klaar is en al die fondse ingesamel het om die bouprojek af te handel, gaan die hele ouditorium vol nuwe stoele wees.

Ons wil graag van jou hoor!

Besonderhede

90 Abraham Straat, Vanderbijlpark

(016) 004 0016

navrae@kg.org.za