Wat is Katkisasie?
In Katkisasie by Kompas Gemeente, word daarop gefokus om die Ritmes van Jesus soos opgeteken staan in Markus 12:29-31, aan alle graad 11 en 12-leerders oor te dra, om seker te maak dat jy as jong gelowige ‘n stewige en sterk fondasie in Jesus Christus as Verlosser kan vestig.
Die hoogtepunt van Katkisasie is ongetwyfeld die jaarlikse Katkisasie-kamp, waarby al die katkisante ‘n welverdiende wegbreek neem, om vir ‘n naweek volkome met die Here te connect. Die aanneming- en voorstellingsdiens is ‘n spoggeleentheid waarna elke katkisant uitsien!
Wanneer vind Katkisasie plaas?
Sondae om 16:30 in die Teater, by Kompas Gemeente.
Die kursus strek vanaf Februarie tot September en het weeklikse klasse wat op Sondagmiddae om 16:30 aangebied word. Na afloop van die klasse woon die katkisante die aanddienste by en groei so geestelik saam verder.
Vir enige navrae, kontak Tommie Arpin by 082 342 6245 of tommie@kg.org.za