Wat is Belofteland?

Kinders is vir ons belangrik en ons glo die omgewing waar hulle God beleef speel ‘n groot rol. Ons omgewings is ingerig om kinders in te trek, te laat uitsien en opgewonde te maak om daar te wees.

Belofteland se fokus is kinders tussen die ouderdomme van 3-8 jaar. Ons lessies, waarhede, Bybelstories en aktiwiteite word op ‘n praktiese en verstaanbare manier vir hulle ouderdom uitgewerk en is doelbewus so geskep dat dit kinders leer en laat groei om Jesus te leer ken en ‘n lewendige verhouding met Hom te kan hê.

By Belofteland leer ons die kinders dat:

· God lief is vir my.
· Ek lief is vir God en vir mense.
· Deur my liefde vir God en mense, verander ek die wêreld.

Sien daarna uit om jou kind by Belofteland te ontmoet!

Wanneer vind Belofteland plaas?

Sondae tydens die oggenddiens om 9:00.
Vir enige navrae kontak Uzanne Barnard by 016 004 0016 of uzanne@kg.org.za

Ons wil graag van jou hoor!

Besonderhede

90 Abraham Straat, Vanderbijlpark

(016) 004 0016

navrae@kg.org.za