Ons aanslag lê iewers tussen die Pinkster en Drie Suster Kerke.
Ons dienste is modern maar tog behou ons die mooi vanuit die tradisionele en charismatiese bewegings.
Ons probeer om dit vir mense wat skepties is oor God, of kerk, nie moeilik te maak om Jesus te kan ontmoet nie. Ons skep gemaklike omgewings, sodat mense oop kan wees om die waarheid van God se woord te verstaan en te ontvang. Ons aanbidding nooi jou uit om God te ontmoet en ons boodskappe is maklik om te verstaan en prakties genoeg om uit te leef.

