HOE WERK ONS
LIDMAATSKAP
IS EK GEREED OM 'N LIDMAAT TE WORD
VRAE OOR LIDMAATSKAP
Daar is wel een vereiste wat ons stel om deel van ons gemeente te word. Elke nuwe lidmaat moet glo Kompas Gemeente is die kerk waarheen God hul roep om van deel te word. As daardie oortuiging nie in jou leef nie, versoek ons jou om nog nie lidmaat te word nie, of om 'n gemeente te soek waarin jy jou oortuiging kan beleef.
Jy hoef nie 'n lidmaat by ons te wees om jou kind aan die Here toe te wy nie. As die Here dit op jou hart druk is jy meer as welkom om jou kind toe te wy.
Jy hoef nie 'n lidmaat by ons te wees om jouself te laat doop nie. Daar word wel verwag dat jy op video sal getuig oor hoe die Here jou lewe aangeraak het.
Jy hoef nie 'n lidmaat by ons te wees om die nagmaal saam met ons te gebruik nie.
Jy hoef nie 'n lidmaat te wees om deel te vorm van ons gemeente se kleingroeplewe, of sosiale groepe nie.
Daar is verskeie bedieninge waarin lidmaatskap vereis word, maar daar is bedieninge waarby jy kan inskakel as die Here dit op jou hart druk.
VOLGENDE LIDMAATSKAP
9 Februarie 2020
LIDMAATSKAP IS MEER AS NET
Ons lidmaatskapkursus is gebaseer op Markus 12:28-31. Jesus gee ons 'n duidelike opdrag in Sy lering: ons moet God liefhê met ons hart, siel, krag, verstand en ons naaste soos onsself. Hoe lyk dit in die moderne lewe? Hoe kan ons God in vandag se tyd volg? Uit hierdie gedeelte het ons 7 Ritmes geïdentifiseer wat 'n Christen ritmies uitleef om die opdrag te gehoorsaam.