Wat is Toegee?

Toegee is Kompas Gemeente se jeugbediening vir alle hoërskoolleerders tussen die ouderdom van 14 en 18 jaar. Ons het elke liewe week twee Toegee-dienste, so daar is meer as genoeg geleentheid vir jou om in te skakel en God te beleef in ‘n gemeenskap van jong gelowiges.

Die dienste op Vrydagaande om 19:00, is spesifiek gemik op hoërskoolleerders en bestaan uit praise and worship, relevante preke en musiek, asook lekker ysbrekers en ons kuier ook saam oor ‘n paar games soos tafeltennis, pool, foosball, Xbox, en ander.

Sondagoggende tydens die oggenddiens is daar ook ‘n spesiale Toegee-diens waar ‘n aparte reeks en preek hanteer word. Dit beteken jy kan elke week twee verskillende, maar gepaste dienste bywoon en elke keer saam met jou vriende geestelik groei. Boonop is daar ook talle spesiale dienste deur die loop van die jaar, so kyk uit vir vanjaar se Toegee-events op Instagram.

Wanneer vind Toegee plaas?

Vrydae 19:00 en Sondae 9:00 in die Teater, by Kompas Gemeente.
Vir enige navrae, kontak Tommie Arpin by 082 342 6245 of tommie@kg.org.za

Ons wil graag van jou hoor!

Besonderhede

90 Abraham Straat, Vanderbijlpark

(016) 004 0016

navrae@kg.org.za

 

Huweliksgroeigroep


    The World Needs a Father - Groeigroep - Registrasie





       

      Miracles Twintig 25


        Griefshare Registrasie





           

          Grootdoop Diens


            Manne Groeigroep - The Book of Josua - Louie Giglio





               

              Kindertoewyding Diens

                 

                Vroue wat Glo Registrasie


                  Mannegroep Registrasie





                     

                    Vakansie Program Registrasie



                      Dames Groeigroep - Every Good Gift







                        Mothers Design Kursus Registrasie





                           

                          Divorce Care Registrasie


                            The World Needs a Father Registrasie





                               

                              KK&K - Kultuur, Kunste & Kuier