Vrydae 18:00 | Sondae 9:00

Wat is Net 7’s?

Op die ouderdom van 12 en 13 is jy die kwesbaarste vir inspraak en blootstelling. Daarom is dit gepas om Net7’s te beskryf as ‘n bediening vir graad sewe leerders, wat doelgerig kies om hulle fondasie (nie net vir hoërskool nie, maar vir die res van hulle lewe) op God te bou.

Ons kom elke Vrydagaand 18:00 – 19:00 bymekaar. Ons het ysbrekers, ping pong, praise en worship en ‘n relevante boodskap gemik vir iemand op graad 7-vlak. Ons skep ‘n geleentheid waar jy nuwe vriende kan ontmoet en saam met hulle die Here kan beleef op ‘n Vrydagaand.

Ons het ook diens op Sondae tydens die 9 uur oggenddiens, waarby die fokus regtig is om jou hart te deel, vrae te vra en God te leer ken saam met lekker mense! Bring gerus jou vriende saam en kry jou fokus vir die toekoms gereed by Net7’s!

Wanneer vind Net 7’s plaas?

Vrydae om 18:00 in die Die Weg by ”Betlehem Ster Kinekor-Saal” by Kompas Gemeente.
Sondae om 9:00 in die Die Weg by ”Die lewe is ‘n kuns-vertrek” by Kompas Gemeente.

Vir enige navrae, kontak Katie Reimers by 016 004 0016 of katie@kg.org.za

Ons wil graag van jou hoor!

Besonderhede

90 Abraham Straat, Vanderbijlpark

(016) 004 0016

navrae@kg.org.za

 

Huweliksgroeigroep


    The World Needs a Father - Groeigroep - Registrasie





       

      Miracles Twintig 25


        Griefshare Registrasie





           

          Grootdoop Diens


            Manne Groeigroep - The Book of Josua - Louie Giglio





               

              Kindertoewyding Diens

                 

                Vroue wat Glo Registrasie


                  Mannegroep Registrasie





                     

                    Vakansie Program Registrasie



                      Dames Groeigroep - Every Good Gift







                        Mothers Design Kursus Registrasie





                           

                          Divorce Care Registrasie


                            The World Needs a Father Registrasie





                               

                              KK&K - Kultuur, Kunste & Kuier