Enige iemand is welkom om deel van Kompas Gemeente te word maak nie saak wat jou kerk- of geloofsagtergrond is nie. Ons glo lidmaatskap is ‘n belangrike deel in jou geestelike reis. Jesus het gemeenskap gevestig, en die kerk of gemeenskap is die liggaam van Jesus. Die kerk is nie ‘n gebou nie, die kerk is mense. Ons glo dat God jou uitnooi om deel te hê aan gemeenskap.

Hulle het hulle volledig gewy aan die leer van die apostels, aan die versorging van mekaar, aan die gemeenskaplike maaltye, en aan gebede. Diep ontsag het oor elke persoon gekom, en die apostels het baie wonders en wondertekens laat plaasvind. Al die gelowiges het gereeld bymekaargekom, en hulle het alles wat hulle besit het, met mekaar gedeel. Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die maaltyd van die Here gevier, en hulle kos met jubelende blydskap en in alle opregtheid geëet. Hulle het God deurentyd geprys, en die goedgesindheid van die hele volk geniet. En die Here het elke dag mense wat verlos word, by hulle gevoeg.

Handelinge 2:42-47 (NLV)

Ons glo God vra van elkeen wat deel is van die gemeenskap van gelowiges se toewyding, betrokkenheid en hulpbronne.

Maak gerus kontak met een van ons predikante om meer uit te vind, of ‘n afspraak te maak om die proses te begin.

Predikante en Beraders kontakbesonderhede:

Ons wil graag van jou hoor!

Besonderhede

90 Abraham Straat, Vanderbijlpark

(016) 004 0016

navrae@kg.org.za

 

Huweliksgroeigroep


    The World Needs a Father - Groeigroep - Registrasie





       

      Miracles Twintig 25


        Griefshare Registrasie





           

          Grootdoop Diens


            Manne Groeigroep - The Book of Josua - Louie Giglio





               

              Kindertoewyding Diens

                 

                Vroue wat Glo Registrasie


                  Mannegroep Registrasie





                     

                    Vakansie Program Registrasie



                      Dames Groeigroep - Every Good Gift







                        Mothers Design Kursus Registrasie





                           

                          Divorce Care Registrasie


                            The World Needs a Father Registrasie





                               

                              KK&K - Kultuur, Kunste & Kuier