- Die tienerdienste is elke Vrydagaand om 19:00
- Die dienste duur so 'n uur. Tieners is welkom om tot 21:00 te kuier,
- Die dienste is volledige dienste, gevul met aanbidding, preek, kuier, videos, ens.
- Die dienste is baie modern en op die tieners se vlak.
- Daar is lekker dinge om die kuier aan die gang te hou bv tafeltennis, pooltafel, xbox, musiek, ens.
- Alle tieners (hoërskool 14-18 jaar) is welkom.
- Jy mag met vrymoedigheid die Here aanbid soos jy gelei voel, solank dit nie die ander om jou hinder om God te aanbid nie.
- Daar is wel streng reëls wat gehoorsaam moet word anders kan tieners van die perseel verwyder word.
- Daar is ook op Sondae om 09:00 'n tienerdiens.