Sosialegroepe

Hoekom Sosiale Groepe?

Baie mense dink dat sosiale groepe niks met ons verhouding met God uit te waai het nie.  In werklikheid het dit baie te doen met ons verhouding met God.  Selfliefde is een van die grootste opdragte in die Bybel.  Om sosiaal te verkeer, laat baie mense ontspan en weer gefokus raak op God.  Ons dien 'n holisties God wat in elke dimensie van jou lewe belangstel. ....

Tipe Sosiale Groepe

Jy en die gesin kan op jul padfietse of bergfietse saam betrokke raak by hierdie aksie. Ons wil almal wat belangstel akkommodeer,  van die beginner tot en met die gesoute fietsryer.

Geniet jy nog ‘n gesonde rondte Gholf?  Enigeen is welkom om saam met ons op verskillende bane die stokke te kom swaai.  Kompas gemeente het ook jaarlikse Gholfdag waar jy kan betrokke raak.

Wat van ‘n naweek wegbreek met mense soos jy? Kampeer en ontspan met ander families van Kompasgemeente,  by ‘n verskeidenheid van kampeerplekke nie te ver van hier af nie.

Vir almal wat hul passie vir 4×4 wil uitleef word deel van hierdie groep.

Wat is lekkerder as die wind aan jou klere pluk op pad na ‘n plek/instansie,  met ‘n heerlike ontbyt daarna.  Dit terwyl die motorfiets ritmies onder jou brul!

Om werklik ‘n mooi foto te neem en om te weet hoe om dit te doen,  keer na keer is wat ons almal wat ‘n passie vir fotografie het … ons leer by mekaar by die Fotografie groep.

Hierdie groep is vir persone wat nou begin stap en vir persone wat gereed is vir meer gevorderde staproetes.

Hierdie groep is vir persone wat ‘n groep soek om saam te oefen asook vir die meer ernstiger drawwer wat voorberei vir die Comrades.

Skakel In

WordPress Theme built by Shufflehound. © 2018 Kompas Gemeente. Alle regte gereserveer.