Waarin Ons Glo

RITMES VAN JESUS

ONS GELOOFSBELEID

God is

LIEFDEVOL

Om God lief te hê met jou hele hart begin wanneer jy besef God is liefdevol en ontmoet jou waar jy is. Hy nooi jou uit met die woorde "Kom vra...". Kom vra jou eerlike vrae oor lewe en oor Hom, Hy oordeel jou nie.

VERSTAND

Om God lief te hê met jou hele verstand begin wanneer jy besef God is beskikbaar en wil 'n verhouding met jou hê. Hy nooi jou uit met die woorde "Kom in...". Laat God toe om meer in jou lewe te kom.

DIE WEG

Om God lief te hê met jou hele siel begin wanneer jy besef God is die weg en genees my om in Sy karakter te groei. Hy nooi jou uit met die woorde "Kom genees...". Laat God toe om jou karakter te verander en vernuwe.

DIE KONING

Om God lief te hê met al jou krag begin wanneer jy besef God is Koning en vra jou hulpbronne en gawes om Sy koninkryk te bou. Hy nooi jou met die woorde "Kom gee...". Daar is meer lewe in gee as ontvang.

DRIE-ENIG

Om medegelowiges lief te hê begin wanneer jy besef God is drie-enig en nooi ons om ook in gemeenskap te leef. Hy nooi jou met die woorde "Kom saam...". Leer om jou lewe saam met mense oop en eerlik te leef.

LIEF VIR ALMAL

Om ongelowiges opreg lief te hê begin wanneer jy besef God is lief vir die hele wêreld en stuur ons om ook lief te hê. Hy nooi jou met die woorde "Kom deel...". Deel dit wat God in jou lewe doen as hoop vir ander.

KREATIEF

Om onsself lief te hê begin wanneer jy besef God is kreatief en roep my om Hom met my hele lewe te volg. Hy nooi jou met die woorde "Kom ontdek...". God het jou gemaak met soveel potensiaal dis jou werk om dit te ontdek.

MARKUS 12:28-31

WordPress Theme built by Shufflehound. © 2018 Kompas Gemeente. Alle regte gereserveer.