#komsaam

Die kuier beweging wat ons groot gemeente klein hou

Wat presies is die #komsaam beweging?

Ons het in Januarie 2017 klomp houtlepels laat maak en uitgedeel tydens 'n sondagdiens. Daarna het ons die nuwe eienaars van die lepels uitgedaag om iemand oor te nooi vir ete of te nooi om iets te drink. Tydens die kuier moet die lepel oorgehandig word en dit is dan die nuwe eienaar se verantwoordelikheid om 'n kuier saam iemand in die gemeente te reel.

Hoekom is #komsaam belangerik?

#komsaam is 'n kuierinisiatief om ons gemeente klein te hou. Die rede waarom die baie belangerik is, is omdat ons 'n opdrag het om mekaar lief te hê. Jesus het baie duidelik kom wys dat ons as Sy volgelinge moet ingestel wees op verhoudings. Kompas se droom was nooit om 'n groot kerk te hê/bou nie, maar eerder om mekaar met groot liefde te behandel. Nou dat ons 'n groot gemeente is beteken dit nie ons verloor fokus nie. Kompas is baie gefokus om verhoudings, om mekaar te ken en mekaar lief te hê, prakties uit te leef. #komsaam is een van die maniere waarop ons dit doen.

Hoe werk #komsaam?

Hoe laai ek my foto op Facebook?

WordPress Theme built by Shufflehound. © 2018 Kompas Gemeente. Alle regte gereserveer.